Menu Enter a recipe name, ingredient, keyword...

Soetmelkbeskuit

By

Google Ads
Rate this recipe 0/5 (0 Votes)
Soetmelkbeskuit 0 Picture

Ingredients

  • 2 kg. bruismeel
  • 250 g. botter
  • 2 tlp. kremetart
  • 2 tlp. sout
  • 3 k. lou melk
  • 1 1/2 k. suiker
  • 2-3 eiers
  • 3 etlp. olie

Details

Preparation

Step 1

1. Sny botter in klein stukkies en voeg dit by die lou melk.

2. Voeg die suiker en sout ook by die melk en roer oor stadige hitte tot die botter gesmelt is. Voeg die olie en die geklitste eiers by.

3. Sif die bruismeel en kremetart saam. Roer die melkmengsel wat louwarm moet wees, daarin.

4. Meng en knie dit omtrent 10 min lank tot die deeg glad is.

5. Maak bolletjies en sit hulle styf teenmekaar in gesmeerde broodpanne.

6. Bak dit 45 min of 1 uur lank in 'n matige warm oond by 190 grade C.

7. Breek dit warm op in stukkies, moet dit nie met 'n mes sny nie. Droog dit dadelik uit in 'n lou oond by 120 grade C, laat die deur van die oond op 'n skrefie oop sodat die stoom kan ontsnap.

Review this recipe