Vetkoek
By chrispink
Rate this recipe
0/5
(0 Votes)
1 Picture
Ingredients
- Kookolie vir vlak braai
- 1 Koppie kookwater
- 2 Eiers
- Knypie sout
- 2 Teelepels Bakpoeier
- 2 Eetlepels Suiker
- 2 Koppies koekmeelblom
Details
Preparation
Step 1
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoier en sout saam. Klitsdie eiers in n aparte mengbak. Klits die kookwater by die eiers: klits goed. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klop met n houtlepel tot goed gemeng; die beslag is slap
Skep dessertlepels vol beslag in matig warm kookolie in n braaipan. Braai die vetkoek totdat die onderkant goudbruin en die bokant vol lugborrels is. Draai om sodat die bokant ook goudbruin kan braai. Plaas die vetkoek op kombuispapier sodat alle oortollige olie daarin kan dreineer. Sit die vetkoek warm voor met botter en heuning of maalvleis.
Review this recipe