Hoender met gemmer

Ingredients

  • 1/2 K water
  • 1 E mielieblom
  • 1 E soya sous
  • 2 t hoender boullionpoeier
  • 500 g ontbeende hoenderbors
  • 1 E gerasperde gemmer
  • 2 K wit sampioene
  • 1 1/3 K rooi/groen rissie, in repe gesny
  • 1 K vars ertjies
  • 2/3 K groen uie

Preparation

Step 1

Voeg water by mielie blom, voeg soya en boulllion poeier by. Verhit pan/wok tot baie warm en braai hoender saam met gemmer tot amper gaar (+- 3 min). Voeg sampioene, rissie, erte by. Roerbraai tot groente gaar, maar bros, en hoender gaar. Voeg groen uie, sout en peper by. Roer mielieblom mengsel in. Roer totdat kook en verdik het.