Menu Enter a recipe name, ingredient, keyword...

Ciabatabroodjie

By

Google Ads
Rate this recipe 4.3/5 (4 Votes)
Ciabatabroodjie 1 Picture

Ingredients

  • 3 koppies Witbroodmeel, bruin kan ook werk
  • 1 ⅟2 koppies lou warm water – 30 sek in die microwave op hoog is reg
  • 2 teelepeltjies sout
  • 1 teelepel suiker
  • 1 teelepel droe gis

Details

Preparation

Step 1

1. Voeg die teelepel suiker en gis by die lou warm water, roer en laat staan vir 15 minute. Dit moet so lekker skuimerige bolaag vorm bo-op die water na 15min.

2. Gooi die meel in ‘n lekker groot tupper mengbak wat ‘n deksel het.

3. Voeg die sout by en werk die deur met ‘n lekker groot vurk terwyl jy die watermengsel bygooi.

4. Meng vir so 3-5 minute tot die deeg lekker slap en goed deur gewerk is.

5. Plaas die deksel op en plaas die bak op ‘n lekker warm plek vir 2 ure!
Hierdie proses is die keurpunt van die resep – die gistings proses is baie belangrik. Dis hier waar al die gaatjies in die deeg goed rangskik word!

6. Die deksel sal so paar keer afskiet, sit hom maar net weer terug, moenie loer nie!

7. Die deeg behoort goed gerys te wees en lou warm van die proses.
Spuit of smeer jou broodpan met botter of spry-‘n-cook.

8. Verplaas nou die deeg van die bak na die pan, skud en stamp die pan met deeg tot dit mooi gelyk le en plaas op ‘n warm plek sodat die deeg nog kan uitrys tot omtrent gelyk met die pan – binne-in die varkie werk goed as hy in die son staan voor jy kole opsit.

9. Bak vir 45 – 60 minute in die oond of varkie. Die broodjie moet mooi uitgerys en goudbruin bo-op wees, dan is hy gaar – toets maar met ‘n sosatie stokkie.

10. Skud die broodjie uit die pan op ‘n houtbord, smeer vining die bokant met melk en maak die broodjie toe met ‘n doek.
Laat rus vir 30 min en bedien lou warm met plaas botter, ‘n jempie of marmite!

Review this recipe