Key Ingredient

Welcome to Key Ingredient.

Create, Collect, Cook! SEE MORE RECIPES!

Browse through millions of recipes

See More Recipes
Create, Collect, Cook!
  • Create your own
  • Start a collection
  • Share with friends and family

Koeksisters PRINT

Koeksisters

Ingredients

Stroop
1 kg suiker
500 ml water
2 stukke vars gemmer
2 ml kremetart
knippie sout
sap van halwe suurlemoen
Deeg
240 g (430 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
3 ml sout
25 ml botter
150 ml karringmelk
750 ml sonneblomolie om koeksisters in te braai

Directions

Stroop

Plaas al die bestanddele in 'n kastrol. Verhit en roer totdat suiker opgelos is. Sit die deksel op en laat kook vir 1minuut. Kook nog 5minute sonder deksel. Moenie roer nie. Laat afkoel. Plaas in yskas, verkieslik oornag, tot heeltemal koud.

Deeg

Sif meel, bakpoeier en sout saam in 'n mengbak. Vryf botter in droƫ bestanddele in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en meng tot sagte deeg wat maklik geknie kan
word. Die geheim van goeie koeksisters is om die deeg te knie totdat klein blasies vorm – sowat 20 minute. Maak toe met 'n klam doek en laat rus vir 15 minute. Rol deeg sowat 5 mm dik uit en sny in blokke van 8 × 5 cm. Sny elke blok in die lengte in 3 vingers, maar nie dwarsdeur nie. Volgens die kenners moet die koeksister net drie keer gevleg word. Verhit olie en toets met 'n stukkie afvaldeeg. Die deeg pof op, maar braai nie vinnig bruin nie. Braai nou 2 koeksisters op 'n slag. Laat dit eers mooi bruin word aan die een kant voor jy dit omdraai. Plaas op kombuispapier vir 'n paar sekondes om van die olie ontslae te raak en doop dan dadelik in die yskoue stroop. Die stroop moet onmiddellik intrek. Plaas die koeksisters op 'n afkoelrak bo-op 'n bakplaat.

views icon 140 heart icon No one has favorited this yet. Be the first! (hide recent) (view recent)

Member options

By logging in, you can leave comments and rate this recipe.

Sign In